Grondslagfase

DOELWITTE

By LSA is dit ons hoofdoel om gelukkige kinders vir die samelewing op te voed.

Ons streef na uitnemendheid.

Ons skep `n leerarea wat gemaklik is en leer bevorder.

Ons sukses is slegs haalbaar deur goeie kommunikasie tussen ouer en onderwyser.

VAKKE

In die Grondslagfase word daar hoofsaaklik 4 vakke aangebied, naamlik:

  • Wiskunde
  • Afrikaans (Huistaal)
  • Engels (Eerste Addisionele Taal)
  • Lewensvaardighede

Gedurende 2019 is ons Grondslagfase onderwysers ook opgelei om isiXhosa aan te bied.

Ons Grondslagfase leerders word nou ook toegerus met basiese isiXhosa woorde!

RAPPORTERING EN SLAAGVEREISTES

Rapportering  is  ‘n  proses  waarvolgens  leerderprestasie  aan  leerders,  ouers,  skole  en  ander  rolspelers gekommunikeer word. Daar kan op verskeie maniere oor leerderprestasie verslag gelewer word. Dit sluit in rapporte, ouervergaderings,  skoolbesoekdae,  intervensiegesprekke, ouer-onderwyser-konferensies,  telefoonoproepe,  briewe, klas- of skoolnuusbriewe, ensovoorts. Onderwysers in alle grade lewer in persentasies verslag oor die vak. Sewe bevoegdheidsvlakke vir elke vak in Graad R-12 word gebruik. Die verskillende vlakke met die ooreenstemmende

persentasies word in onderstaande tabel aangedui.

Kodes en persentasies vir optekening en rapportering:

Prestasies Beskrywing van vaardigheid Persentasie
7 Uitmuntende prestasie 80 – 100
6 Verdienstelike prestasie 70 – 79
5 Beduidende prestasie 60 – 69
4 Voldoende prestasie 50 – 59
3 Matige prestasie 40 – 49
2 Basiese prestasie 30 – 39
1 Ontoereikende prestasie 0 – 29

ALGEMEEN

Huiswerk

Huiswerk vorm `n baie belangrike deel van assessering en is juis daarom baie belangrik dat dit daagliks voltooi word.

(kort nog inligting)

Kommunikasie

Goeie kommunikasie tussen leerder, onderwyser en ouer is noodsaaklik sodat ons doel ten volle kan bereik.

(kort nog inligting)

Intervensie

Intervensie vind reg deur die jaar plaas.

Ouers word aan die einde van elke kwartaal ingelig indien intervensie by betrokke leerder nodig is.

Inligtingsaangeleenthede

(moet nog inligting kry)

NASORG

(moet nog inligting kry)

INTERMEDIÊRE EN SENIOR FASE

DOELWITTE

By LSA is dit ons hoofdoel om gelukkige kinders vir die samelewing op te voed.

Ons streef na uitnemendheid.

Ons skep `n leerarea wat gemaklik is en leer bevorder.

Ons sukses is slegs haalbaar deur goeie kommunikasie tussen ouer en onderwyser.

VAKKE

Die volgende vakke word aangebied:

  • Wiskunde
  • Afrikaans (Huistaal)
  • Engels (Eerste Addisionele Taal)
  • Lewensvaardighede (PSW, Kuns en Kultuur, LO – Slegs Graad 4 – 6)
  • Sosiale Wetenskappe
  • Natuurwetenskappe en Tegnologie (Slegs Graad 4 – 6)
  • Natuurwetenskappe (Slegs Graad 7)
  • Tegnologie (Slegs Graad 7)
  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW – Slegs Graad 7)
  • Lewensoriëntering (Slegs Graad 7)
  • Kuns en Kultuur (Slegs graad 7)

ASSESSERING

Eksamen word geskryf deur leerders vanaf Gr 4 tot Gr 7. Die doel van die eksamen is om die leerders die nodige blootstelling te gee aan eksamenprosedures sowel as om vir hulle die nodige vaardighede aan te leer.

Ouers (en leerders) ontvang aan die begin van elke kwartaal `n assesseringslan wat al die assesseringstake en –datums van die kwartaal bevat. Ouers ontvang ook die eksamen- of toetsrooster tenminste twee weke voor betrokke toetsreeks/eksamen.

RAPPORTERING EN SLAAGVEREISTES

Rapportering  is  ‘n  proses  waarvolgens  leerderprestasie  aan  leerders,  ouers,  skole  en  ander  rolspelers gekommunikeer word. Daar kan op verskeie maniere oor leerderprestasie verslag gelewer word. Dit sluit in rapporte, ouervergaderings,  skoolbesoekdae,  intervensiegesprekke, ouer-onderwyser-konferensies,  telefoonoproepe,  briewe, klas- of skoolnuusbriewe, ensovoorts. Onderwysers in alle grade lewer in persentasies verslag oor die vak. Sewe bevoegdheidsvlakke vir elke vak in Graad R-12 word gebruik. Die verskillende vlakke met die ooreenstemmende

persentasies word in onderstaande tabel aangedui: