VAKKE
Die volgende vakke word aangebied:
- Wiskunde
- Afrikaans (Huistaal)
- Engels (Eerste Addisionele Taal)
- Lewensvaardighede (PSW, Kuns en Kultuur, LO – Slegs Graad 4–6)
- Sosiale Wetenskappe
- Natuurwetenskappe en Tegnologie (Slegs Graad 4–6)
- Natuurwetenskappe (Slegs Graad 7)
- Tegnologie (Slegs Graad 7)
- Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW – Slegs Graad 7)
- Lewensoriëntering (Slegs Graad 7)
- Kuns en Kultuur (Slegs Graad 7)
Vakonderrig vind in die Intermediêre en Senior fase plaas.
ASSESSERING
Eksamen word geskryf deur leerders vanaf Gr 4 tot Gr 7. Die doel van die eksamen is om die leerders die nodige blootstelling te gee aan eksamenprosedures sowel as om vir hulle die nodige vaardighede aan te leer.
Ouers (en leerders) ontvang aan die begin van elke kwartaal `n assesseringsplan wat al die assesseringstake en –datums van die kwartaal insluit. Ouers ontvang ook die eksamen- of toetsrooster vroegtydig voor die betrokke toetsreeks/eksamen.
RAPPORTERING EN SLAAGVEREISTES
Rapportering is ‘n proses waarvolgens leerderprestasie aan leerders, ouers, skole en ander rolspelers gekommunikeer word. Daar kan op verskeie maniere oor leerderprestasie verslag gelewer word. Dit sluit in rapporte, ouervergaderings, skoolbesoekdae, intervensiegesprekke, telefoonoproepe, briewe, klas- of skoolnuusbriewe, ensovoorts. Onderwysers in alle grade lewer in persentasies verslag oor die vak. Sewe bevoegdheidsvlakke vir elke vak in Graad 4-7 word gebruik. Die verskillende vlakke met die ooreenstemmende persentasies word in onderstaande tabel aangedui:
ALGEMEEN
Huiswerk:
Huiswerk vorm `n baie belangrike deel van vaslegging en is daarom baie belangrik dat dit daagliks voltooi word. Dit vorm `n integrale deel van die kind se kennis en ontwikkeling.
Belangrikheid van u as ouer:
U as ouer is in `n vennootskap met ons as opvoeders om u kind tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel. dit is noodsaaklik dat u altyd positief oor u kind, die skool en die personeel sal wees. U moet altyd die vrymoedigheid hê om enige aangeleentheid met ons te bespreek.
Intervensie en kommunikasie:
Intervensie vind deurlopend plaas.
Ouers word aan die einde van elke kwartaal ingelig indien intervensie by betrokke leerder nodig is. Agterstande word deurlopend aangespreek en die nodige opvolgwerk word gedoen om leerders te help waar nodig. Goeie kommunikasie tussen leerder, onderwyser en ouer is noodsaaklik sodat ons elke kind se vordering kan monitor. Indien nodig, word kundige hulp ook ingespan.
Arbeidsterapie:
Mev Annaleen Cilliers (Arbeidsterapeut) is vanaf 2019 werksaam by Laerskool Ashton.