Laerskool Ashton Kleuterland spog met 30 ingeskrewe leerders.
Aangesien Kleuterland die leerders se eerste kennisname met “skool” is, is die hoofdoel om deur speel te leer in `n omgewing wat liefdevol en veilig is. Die hooffokus hier is om die kinders te leer om weg van hul huis te kan funksioneer en aan te pas by `n nuwe roetine en maatjies.
Baie aandag word aan sensoriese speel gegee. Baie moeite word gedoen om die totale kind te ontwikkel: fisies, emosioneel, geestelik en verstandelik.