Laerskool Ashton streef daarna om `n liefde vir sport by elke leerder te ontwikkel.

Ons motiveer alle leerders om aan ten minste een sportsoort deel te neem.
Ons streef daarna om die leerders die korrekte vaardighede en tegnieke aan te leer.
LSA beskik oor opgeleide en kundige afrigters.
Ons moedig kompetisie op `n gesonde manier aan.
LSA bied die volgende sportsoorte aan:
WINTERSPORT
Sportsoort | Afrigter(s) |
Mini-netbal (o/7 – o/9) | Me G Schreuder & Mev S de Kock (o/7), Mev C van der Westhuizen (o/8),
Mev J Rossouw (o/9) |
Mini-rugby o/7 – o/9) | Me J van Niekerk & Mev W Briesies (o/7), Mnr S Flores (o/8), Mnr JC Burger (o/9) |
Netbal (o/10 – o/13) | Me K van der Westhuizen (o/10), Me M Beukman (o/11), Me J van Niekerk (o/12),
Mev Marike Barnard & Mev Marize Barnard (o/13) |
Rugby (o/11 – o/13) | Ds. Du Toit (o/11), (Mnr R Steyl, Mnr M Fourie o/13) |
Hokkie | Mev F Roux, Me L Deetlefs |
NETBAL
Ons het heelwat sportdae waaraan ons gedurende die jaar deelneem.
Ons liga-program is ook propvol en ons behaal normaalweg uitstekende uitslae al het ons net genoeg spelers om `n span vol te maak. LSA-afrigters is gemotiveerd en beskik oor baie goeie vaardighede. Nebalspeelsters kry ook die geleentheid om netbalkursusse by te woon om hul vaardighede op te knap.
LSA bied ook ons jaarlikse Pikkie Sportdag aan waaraan Graad 1-3-leerders deelneem. Dit is een van die skool se hoogtepunte gedurende die jaar asook een van ons grootse fondsinsamelingsprojekte.
RUGBY
Laerskool Ashton het min leerders, maar speel rugby met tonne deursettingsvermoë. Buite afrigters word betrek om die beste vir die spelers te gee. Laerskool Ashton is bekend as moeilike teenstanders op die rugbyveld en is oorwinnings oor veel groter skole die norm en nie die uitsondering nie. Verskeie spelers verteenwoordig die skool op provinsiale vlak.
HOKKIE
In 2019 het hokkie deel geraak van Laerskool Ashton se buitemuurs. Leerders vanaf Graad R tot Graad 7 word die geleentheid gebied om aan hokkie deel te neem. Wen is nie vir ons die belangrikste nie, maar ons fokus eerder op die ontwikkeling van vaardighede om die beste hokkiespeler van elke leerder te maak.
SOMERSPORT
Sportsoort | Afrigter(s) |
Atletiek | Alle personeellede asook opgeleide ouers |
Tennis | Mnr JC Burger, Mev M Barnard |
Krieket | Mnr J Burger |
Mini-krieket | Me J van Niekerk & Mev S de Kock (o/7), Me M Beukman & Mev W Briesies (o/8),
Mev C van der Westhuizen (o/9) |
ATLETIEK
Laerskool Ashton se atletiek bereik jaarliks hoogtes en daar word gereeld nuwe uitdagings aangepak. Ons skool se kleuresport vind elke jaar in die vierde kwartaal plaas waar die leerders aangemoedig word om aan dié sport deel te neem.
Die grondslagfase sowel as die senior fase neem jaarliks aan verskeie byeenkomste deel en behaal uitstekende uitslae.
TENNIS
Laerskool Ashton het ‘n tradisie van uitmuntende tennis. Die skool het baie kompeterende tennisspanne met ‘n groot aantal provinsiale spelers die afgelope jare. Oud-skoliere is tans op die Internasionale Tennisfederasie se ranglys met baie oud-skoliere wat in die VSA Kollege tennis speel of gespeel het. Mnr. Burger is ook tans die Nasionale Laerskole Span se afrigter wat jaarliks die VSA besoek.
KRIEKET
Laerskool Ashton het baie sterk krieket. Ons spelers ontvang goeie afriging en is dit veral ons draaibalboulers wat indruk maak deur die jare. Afrigting is op ‘n hoë standard met Vlak 1, Vlak 2 en Vlak 3 afrigtingskwalifikasies. Mnr. Burger het ook verskeie provinsiale spanne afgerig en is ook ‘n gekwalifiseerde provinsiale skeidsregter. Laerskool Ashton word jaarliks in verskeie Noord-Bolandspanne en selfs Bolandspanne verteenwoordig.
Dienste by Laerskool Ashton:
Dienste | Kontakpersoon(e) |
Ballet
2jr – 13jr |
Me. Karlien Kriel
Selnr. 079 525 2854 |
Nasorg
Gr. RR & R |
Me. Linette Deetlefs
Skool: 023 615 1370 |
Nasorg
Gr. 1 – 7 |
Me. Maruschka Reeder
Selnr. 084 363 5549 |
Monkeynastix | Me. Zelma Hanekom
Selnr. 084 550 0521 |
Musiek (Klavier en blokfluit) | Mnr. Jaco Beeslaar
Selnr. 072 997 1441 |
Kitaarlesse
Gr. 1 – 7 |
Me. Maruschka v/d Merwe
Selnr. 084 866 1583 |
Sportslim
Gr. RR & R Hokkie Gr. 1 – 4 |
Me. Elmien van Deventer
Selnr. 076 450 1715 |
Arbeidsterapie/Fynspierontwikkeling
Gr. R – 7 |
Me. Annaleen Cilliers
Selnr. 084 291 3302 |
Kuns
Gr. RR – 7 |
Me. Hanna Naude
Selnr. 076 278 9993 |