LSA pronk met nuwe skoolbussie!

Op Vrydag 24 Januarie 2020 het daar groot opgewondenheid oor die hele skool geheers. LSA se nuwe skoolbussie is op pad en kyk net hoe pragtig lyk dit. Ons bedank Robertson Toyota vir hul getroue diens en ondersteuning! Die personeel en leerders sien vreeslik uit na duisende veilige kilometers in ons nuwe skoolbussie!