Kennisgewing – looitjielyste
looitjielysteDownload
Die personeel van Laerskool Ashton het spesiaal vir alle leerders `n boodskap gemaak. Ons mis julle. Bly asb veilig!
Laerskool Ashton wil vir Aneri Rabie geluk wens met die verowering van haar WP-klere vir dans. Aneri, ons is baie trots op jou! Hou so aan!
Oud-leerder en dogter van mnr Jakkie Burger, Maretha Burger, is gekies om `n “ball girl” tydens Nadal en Federer se Match for Africa-tenniswedstyd te wees. Hierdie wedstryd het verlede Vrydag (7 Februarie 2020) plaasgevind. Die hele Laerskool Ashton is vreeslik trots op haar en haar ongelooflike prestasties! Asof hierdie prestasie nie genoeg is nie, het…
Ai, en was dit nou nie `n plesier om die Kings and Queens of hearts vanoggend by die skool te sien nie. Ons het ons jaarlikse Valentynsdag-temadag op Vrydag 14 Februarie gehou en Graad 1-7-leerders kon volgens die tema “King and Queen of hearts” aantrek. Die tradisie van best dressed is voortgesit en ons moes…
Baie geluk aan alle leerders wat deelgeneem het aan die jaarlikse Rûens-atletiekbyeenkoms te Rûens Kollege. Elissa Conradie en Jacobus Bruwer is aangewys as Victor en Victrix Ludorum. Elissa het `n 0/12 diskus-rekord gegooi met `n fantastiese afstand van 21,47m! Jacobus het die 400m (seuns 0/10) in slegs 13 sekondes voltooi en ook `n rekord opgestel!…
Kyk net hoe spoggerig waai ons nuwe skoolvlag wat elke oggend deur die leerlingraad gehys word. Hier heers sommer `n nuwe tipe trots in die skool se gange! Dankie vir elke hand wat help om ons skool so suksesvol te maak! Sonder ons ouers, beheerliggaam, OOV, borge en leerders is hierdie luukshede en voorregte nie…