Ai, en was dit nou nie `n plesier om die Kings and Queens of hearts vanoggend by die skool te sien nie.
Ons het ons jaarlikse Valentynsdag-temadag op Vrydag 14 Februarie gehou en Graad 1-7-leerders kon volgens die tema “King and Queen of hearts” aantrek.
Die tradisie van best dressed is voortgesit en ons moes `n King en Queen uit elke graad kies. Glo ons vas – dit was een van die moeilikste keuses nog! Almal was hartediewe vandag en almal was ook wenners!
Die leerlingraad bedank die res van Laerskool Ashton vir hul getroue ondersteuning in hul fondsinsamelingsprojekte!