Ons is baie trots op die volgende leerders wat in die skoolvakansie deelgeneem en presteer het in verskeie sporte.
Jacobus Bruwer speel die afgelope vakansie provinsiale tennis en presteer uitstekend
Maria en Sophia van der Westhuizen neem die vakansie deel aan die Dassie roete en verower beide medaljes vir hulle prestasie. Hulle pa Lourens hardloop en voltooi Die Otter.
Walt du Toit neem die afgelope vakansie deel aan die CDA kriekettoernooi in Durbanville en gee goeie rekenskap met die kolf en bal.
Nina Bruwer neem deel aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe van Uitvoerende Kunste in Rustenburg. Sy ontvang 7 goue en 4 silwer medaljes. Sy het in totaal 1 silo, 1 duet, 1 trio en 8 groepdanse deelgeneem. Sy het dus vir al die items waar aan sy deelgeneem het n medalje ontvang. Sy kwalifiseer dan ook vir die SuidA-frikaanse span wat in 2022 in Los Angeles aan die Wêreld kampioenskappe kan gaan deel neem.
Sebastian voltooi die Java(fietsroete) saam met sy pa Heinrich
Caroline Steenkamp neem deel aan netbaltoernooi wat binneshuis was Kaapstad en ontvang ‘n medalje
Juanè Buis behaal ‘n 7de plek tydens die Kaapse Wynland Skaakkampioenekappe en ontvang ook ‘n medalje vir haar spel.