Krieket teen WPS

0/13 Krieket teen WPS. Ashton 100/9 beste kolwer Juwayden van Niekerk 22(5×4). WPS 60/10 beste bouler Marvin Buis 5/5. Ashton wen met 40 lopies.  0/13(weg) en 0/11(tuis) speel volgende week Donderdag teen Hoërskool Hexvallei. Bou voort op die goeie vertonings hierdie seisoen.

Details

Tennis

Drie van ons tennisspelers verteenwoordig Wynland Platteland in die die inter-streek tennistoernooi teen Overberg en Weskus die afgelope naweek. Hulle presteer uitstekend en wen verskeie wedstryde teen sterk kompetisie.

Tennis

Jacobus Bruwer neem deel aan die Wilson Slam Series se 4’de been. In ‘n baie kompeterende ouderdom eindig hy 3’de en verower die brons medalje. Hy wen verskeie provinsiale spelers tydens die toernooi. Baie Geluk!

Krieket Nuus

Walt du Toit neem deel aan die CPI – Liga “Cape Town Premier League Cricket” vir 0/11 krieketklubs. Hy is baie opgewonde en het Sondag ‘n goeie boulvertoning gelewer is sy span se sege. Baie Geluk jy maak ons trots!